Kleinkinder onderrig

Kleinkinder onderrig

Die vroeë ontwikkelingsjare van enige mens word nie verniet die vormingsjare genoem nie. Dit is beduidend díe belangrikste jare in elke mens se lewe wat die pas gaan aangee vir alle toekomstige leer en ontwikkeling.

Dit is dan ‘n voorreg en besonderse verantwoordelikheid om betrokke te wees by kleuters. Hierdie verantwoordelikheid neem ons baie ernstig op en bied daarom wêreldgehalte inligting en hulp vir ouers, onderwysers en enige ander belanghebbendes by die klein kind se onderrig.

Ons gaan hierdie mooi land (en die wêreld) verander 1 kleuter op ‘n slag!” – Yolandi van den Heever – Breytenbach (stigter en eienaar van kleinkinderonderrig.info

Waarop fokus kleinkinderonderrig.info?

Sedert 2014 is ons fokus op die konkrete en kinestetiese leer van die kind. Nie nét die kleuter nie, maar die kind in die grondslagfase ook.

Kleinkinderonderrig.info brei hierdie doelwit uit na skoolbestuur, algemene opleiding, regulatoriese vereistes vir sentrums, die teoretiese fondasie van korrekte onderrig, didaktiek, raad, lesplanne en toegang tot kenners.

Ons nooi jou om deel te word van hierdie wonderlike inisiatief en die kleuters in jou klas of huis as toegerusde kinders die formele onderrig wêreld in te stuur.

Daar is twee vlakke van lidmaatskap:

Gratis inhoud

Hierdie lidmaatskap is vir mense wat nog nie betaal het nie, maar eers bietjie rondkyk.

Betaalde inhoud

Mense wat betaal het om die naslaangids se inhoud te mag lees.

Die koste beloop R499.00 per jaar.

Onthou om in elk geval, watter opsie jy ookal kies, in te teken vir ons nuusbrief, wat jou e-pos as daar nuwe plasings is. Sodra jy inteken, kyk uit vir “Ja, voeg my by julle e-poslys”.

Kies nou jou lidmaatskapvlak hier onder en volg die instruksies:

Level Price  
Gratis inhoud Free. Select
Betaalde inhoud R 499.00 per Year. Select

← Return to Home

  • Leerderprofiel
    Het jy graad R leerders in jou sentrum of kleuterskool? Voltooi jy jaarliks ‘n leerderprofiel wat die leerders saamneem na die Laerskool toe? Hier is ‘n leerderprofiel wat gebruik kan word.
  • Ryg deur
    Vir hierdie leerstasie gebruik ons ‘n vadoek en toiletrolletjie. Hierdie is die voorloper van ryg met fyner veters en krale met klein gaatjies.
  • Maklike legkaart
    Druk gerus die legkaart uit. Lamineer dit, knip dit uit en laat wiel!
  • Beplanning van die buite terrein
    In die video wat handel oor toesig op die buite terrein (kyk die video HIER) praat ons van ‘n dokument waarmee personeel hulle buite leerstasies kan beplan. Laai die dokument hier af :
  • Sorteer vorms
    In hierdie leerstasie kombineer ons ‘n eenvoudige aktiwiteit (sorteer vorms) met ‘n sensoriese aktiwiteit. Kyk lekker saam (kliek op die foto vir die video) :
  • Aansoek om verlof
    Het jy ‘n personeellid wat moet aansoek doen om verlof? Gebruik gerus ons vorm daarvoor.
  • Maak meer
    My kinders noem die ontbytpap “ronde pap”. Dis hierdie soete gunsteling wat ons in hierdie leerstasie gebruik. Maak seker jy hou genoeg pap byderhand vir die peuselrige kleuters. Maak ook seker die maats is oud genoeg dat die pap stukkies nie gaan lei tot verstik nie. Kyk die video wat die basiese van die leerstasie…
  • Toesig op die buite terrein
    Die afgelope week was hierdie ‘n onderwerp wat op menige platforms bespreek is. ‘n Kind het bitter seergekry by ‘n kleuterskool en die vraag is op almal se lippe … is die skool aanspreeklik? Ons het nie die antwoord op hierdie vraag nie, maar ons kan jou wel help en begelei om seker te maak…
  • Dissiplinêre kategorieë vir oortredings
    Laai gerus die kategorieë af vir oortredings.
  • Uitstappies
    Die beplanning/waarde van uitstappies Dis baie jammer dat die publiek dikwels groepe kinders iewers raakloop wat laggend, stampend aan mekaar agter twee of drie onderwysers aandrentel.  Die persone is so in hulle eie geselskap opgeneem dat hulle duidelik nie omgee wat agter hulle aangaan nie.  Geen wonder nie, die publiek kry die indruk dat uitstappies…