Ons tema hierdie week is reptiele. Pas elke aktiwiteit aan om by die ouderdom en vlak van ontwikkeling van jou kind (of klas) te pas.
Ons tema hierdie week is reptiele en dinosourusse. Pas elke aktiwiteit aan om by die ouderdom en vlak van ontwikkeling van jou kind (of klas) te pas.
Die flamink. Hierdie kort rympie skakel in by die tema voëls. Onthou dat rympies nie ingedril word nie. Maak eerder lawwe bewegings daarmee saam! Rympie geskryf deur Yolandi Breytenbach (Oasis Club)
Kyk net hierdie heerlike Kersfees idees! Kom kyk gereeld – ons voeg by.
Deel van die pret om in die kleuter en grondslagfase te werk is al die heerlike eksperimente (wat eintlik net pret is). Ons hoop om jou so vol idees te maak dat jy nie weet waar om te begin nie. Onthou dat ons resepte nie in ‘n fancy kombuis geoefen word nie. Hulle kan flop! (more…)
Ons ervaar allerhande insette van buite af elke dag. Dit lei tot verskillende goed wat ons voel. Soos koud, warm ens. Hier is kaarte wat verskillende goed wat ons voel illustreer. Moet dit asb nie inspan as flitskaarte nie. Stuur die prente om en gee die kinders kans om te beskryf wat op elke kaart (more…)
‘n Tema wat baie gewild in kleuterskole is, is plaasdiere. Hierdie diere is meestal bekend aan die kleuters en maak boonop geluide wat heerlik is om na te maak. Gebruik hierdie flitskaarte as deel van jou tematafel. Die kaarte kan ook in ‘n geluide speletjie gebruik word. Speel ‘n geluid en kies dan die dier (more…)
Hierdie alfabet is in Engels en strek vanaf a tot m. By elke letter is prente van woorde wat daarmee begin. Onthou dat woorde niks beteken as die kinders nie weet wat die konteks van die woord is nie. Wat is dit, wat doen dit, wat beteken dit, waarvoor word dit gebruik, hoe lyk die (more…)
Hierdie pragtige “daisies” is darem maar té mooi. Druk dit uit op stewige karton. Knip uit en plak al om die borde in jou klas. Dis ook prettig om jou deur mee te versier. Jou klas se hele tema kan by die vrolike blommetjies pas!