Tema bespreking : Dis my familie

3 mins read

Dis my familie.

Prente.

Gesinne van verskillende samestellings.

Foto’s van persone van verskillende ouderdomme.

Gesinsfoto’s en familiefoto’s.

Aktiwiteite wat gesinne saam doen.

Mense in ander lande in gesinsverband.

Verskillende beroepe uitgebeeld.

Uitstalling.

Kinderklere, tienerklere, volwasse klere. Ook skoene, hoede.

Beroepsklere soos uniform, helmet, voorskoot, staalpuntskoene.

Woordkaarte.

mamma, pappa, ouma, oupa, boetie, sussie, gesin, familie, oom, tannie, neef, niggie, veilig, uniform, klere.

Inhoud van tema.

  • In ons huisgesin is ʼn mamma, pappa en boeties en sussies.
  • In ander huisgesinne is soms net ʼn mamma of net ʼn pappa.
  • Party gesinne het net een kind of baie kinders.
  • Partykeer is daar ʼn pappa met sy kinders en ʼn mamma met haar kinders.
  • Ons almal is nog steeds ʼn huisgesin.
  • Partykeer is daar nog ʼn ouma of oupa. Dis ons pappa of mamma se pa en ma en ons is hulle kleinkinders.
  • Pappa of Mamma se broers en susters is ons  ooms en tannies en hulle kinders is ons nefies en niggies. Hierdie almal word ons familie genoem
  • Party familie bly naby en party bly ver. Party bly selfs in ander lande.
  • Ons gesin gaan kuier soms vir die familie wat ver bly en dan slaap ons daar.
  • Party familie bly in ʼn dorp of stad en party bly op plase.
  • In ons gesin het ons elkeen ʼn slaapplek in ʼn slaapkamer. In die slaapkamer het ons ʼn plek vir ons klere en ons speelgoed.
  • Boeties en sussies vat nie sommer mekaar se goed nie. Mens moet eers vra of jy dit kan gebruik.
  • Almal van ons moet mekaar respekteer. Dit beteken ons knou nie mekaar af, praat lelik met mekaar of dra stories aan oor mekaar nie.
  • Almal in die huisgesin moet help om die huishouding goed te laat verloop. Dit beteken ons moet almal help waar dit nodig is want dan is dit lekker om saam in die  huis te bly.
  • Mamma en pappa werk hard sodat ons alles het wat nodig is. Daarom moet ons, ons goed mooi oppas en nie verniel nie.
  • Dis glad nie nodig om baie goed te hê of om alles te kry wat ons maatjies het nie. Dis baie beter om baie liefde in ons gesin te kry. Liefde beteken ons hou van mekaar en ons werk almal saam om dit lekker te maak in ons gesin.

Kopiereg beskerm!

%d bloggers like this: