Die vroeë ontwikkelingsjare van enige mens word nie verniet die vormingsjare genoem nie. Dit is beduidend díe belangrikste jare in elke mens se lewe wat die pas gaan aangee vir alle toekomstige leer en ontwikkeling.

Dit is dan ‘n voorreg en besonderse verantwoordelikheid om betrokke te wees by kleuters. Hierdie verantwoordelikheid neem ons baie ernstig op en bied daarom wêreldgehalte inligting en hulp vir ouers, onderwysers en enige ander belanghebbendes by die klein kind se onderrig.

Ons gaan hierdie mooi land (en die wêreld) verander 1 kleuter op ‘n slag!” – Yolandi van den Heever – Breytenbach (stigter en eienaar van kleinkinderonderrig.info

Waarop fokus kleinkinderonderrig.info?

Sedert 2014 is ons fokus op die konkrete en kinestetiese leer van die kind. Nie nét die kleuter nie, maar die kind in die grondslagfase ook.

Kleinkinderonderrig.info brei hierdie doelwit uit na skoolbestuur, algemene opleiding, regulatoriese vereistes vir sentrums, die teoretiese fondasie van korrekte onderrig, didaktiek, raad, lesplanne en toegang tot kenners.

Ons nooi jou om deel te word van hierdie wonderlike inisiatief en die kleuters in jou klas of huis as toegerusde kinders die formele onderrig wêreld in te stuur.

Lidmaatskap werk as volg:

Oasis Klub lede betaal om die naslaangids se inhoud te mag lees.

Die koste beloop R50.00 per maand.

Onthou om in te teken vir ons nuusbrief, wat jou e-pos as daar nuwe plasings is. Sodra jy inteken, kyk uit vir “Ja, voeg my by julle e-poslys”.

Begin nou jou intekening hier onder (volg die instruksies):

Oasis Klub lede

R 50.00 per Month

Gratis

Free

Hier onder is ‘n paar uittreksels van wat jy te wagte kan wees…

Die letter a

Ons karakter vir die a is Arrie akker. Kyk hier die video oor die letter a : Kyk net hoe oulik is Arrie akker! Laai...
Read More »

Dissiplinêre kategorieë vir oortredings

Laai gerus die kategorieë af vir oortredings.... This content is for Oasis Klub lede members only.Login Join Now
Read More »

Hoe om ‘n read receipt op jou epos te sit.

Dit is altyd handig om verseker te weet dat jou epos die persoon bereik het aan wie die epos gestuur is. Vir hierdie doeleindes kan...
Read More »

Klashulpmiddels – Oggend en aandroetine

Ons deel graag hierdie oulike roetine aktiwiteit met jou. Druk gerus uit en gebruik in jou huis of klaskamer. Knip die prente uit en plak...
Read More »