Ons tema hierdie week is reptiele en dinosourusse.
- Stol allerhande goggas – plasties natuurlik – vas in jellie. Jou kind is nou die verkleurmannetjie of padda wat die goggas gaan vang! Wikkel die goggas los uit die jellie. Julle kan tussendeur lekker smul aan die jellie.
- Bou julle eie dinosourus uit pasta.
- Knip ‘n slang uit stewige papier of karton. Knip ook vooraf klein vormpies uit papier. Jou kind versier nou die slang met die pragtige vorm patrone.
- Maak julle eie “bene” uit soutklei. Laat die klei nou hard word.
- Steek nou julle kleibene weg in sand en gebruik kwassies om die bene soos argeoloƫ uit die sand te haal.
Pas elke aktiwiteit aan om by die ouderdom en vlak van ontwikkeling van jou kind (of klas) te pas.
Onlangse kommentaar