Ons tema hierdie week is reptiele.
- Maak sig sag patrone met skoenveters. Dit lyk soos die stekels op die krokodil se stert!
- Trek patrone in sout. Sout begin met s en skubbe begin ook met s.
- Gooi al julle plastiese diertjies in ‘n houer. Deel dit nou op in reptiele en nie-reptiele.
- Druk met jou vingers afdrukke op ‘n papierbord. Knip nou die bord in ‘n spiraal om soos ‘n slang te lyk.
- Reptiele moet in die son lê om warm te bak. Neem ‘n geel papierbord, skryf syfers 1 tot 10 binne die bord. Gebruik geel wasgoedpennetjies ook gemerk van 1 tot 10. Knyp nou die syfers op die regte plekke vas. Nou lyk dit soos die son!
Pas elke aktiwiteit aan om by die ouderdom en vlak van ontwikkeling van jou kind (of klas) te pas.
Onlangse kommentaar